Kerk Gebou

 

 

Die Kerk se hoeksteen word gelê deur die 71jarige Pres Paul Kruger op 10 Oktober 1896.

 

Die argitek was Klaas van Rijsse, ń ouderling van die gemeente.

Kersdag 1897 sluit Paul Kruger amptelik die deure van die voltooide kerkgebou oop.

Die kerk bied sitplek vir 900 lidmate.

Gebou volgens die Nederlandse Neo-Renaissance styl in ń Griekse kruisvorm

.Die rooi bakstene en netjiese messelwerk is opvallend.

Die boonste deel van die besonderse toring is ingevoer vanuit Holland en herinner baie aan due Westerkerk in Amsterdam.

Binne is die hoë binneruimte met fantastiese klank, die predikant se stem vul die hele gebou.

Kunstige dennehoutplafon gee warmte aan gebou.

Die vensters met rooi glas en loodwerk gee ook ń verwelkomende warm gevoel.

 

Sentraal is die kunstige preekstoel van eikehout, ingevoer vanuit Rotterdam, ontwerp deur due beeldhouer CH Echart. Die preekstoel is ryklik versier met simbole soos granate ( dui op Christus se offer) en amandel (God se trou).

Bo die preekstoel ń replika van die kerktoring.

 

Van die begin af was die beligting elektriese ligte, koperkandelare 1897 deur Delfis Bro’s.

Banke van eikehout is in die kruisarms van die kerk aangebring vir die broeders om te sit.

In die middel is stoele vir die vrouens.

.Die ouderlinge het van die enigste deur langs die preekstoel gebruik gemaak terwyl die diakens om gebou moes loop om van agter af in te kom. Tans word die tradisie voortgesit ten spyte van ń tweede deur wat later aangebring is.

Twee wenteltrappe van hout lei na die galery, ontwerp deur Sytze Wierda.

 

1931 moes die buitenste baksteenlaag vervang word met harder stene agv verwering van die sagter stene, maar uiterste sorg is geneem om so na as moontlik aan oorspronklike te bly.

 

1938 is die kerkgebou en omliggende erwe as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Die 2 stoele van Pres Paul Kruger en Mev Kruger is ook as gedenkwaardighede verklaar.