PROJEKTE

 

DIGITALE STATEBYBEL REGISTER
 

In die Paul Kruger Kerk is daar ses Bybels in bewaring.   Twee van die Bybels is StateBybels. Een spesifiek geskenk met die oprigting van die kerk gebou en een vir veilige bewaring.

Die Digitale StateBybel register Projek behels om n register daar te stel van alle Ou Nederlandse State Bybels . Tans is daar verspreiding van Afrikaners regoor die wêreld. Daar is persone wat nie erg daaroor is nie, juis oor hul onkunde van die belangrikheid daar van.

Elk van die Bybels sal genommer en inligting sal opgedateer word van die geskiedenis van die spesifieke Bybel en die roete wat dit geloop het tot en met nou. Die Houer van die Bybel sal versoek word om ‘n  oorsig oor die geskiedenis van die Bybel te gee, met foto’s oor die aantekeninge gemaak en wie tans die eienaar is. 

TOERISTE EVANGALISASIE
Die Paul Kruger kerk staan in n besondere posisie om die Woord te verkondig aan toeriste wat die kerk wil besigtig. Toeriste van oor die hele wereld betree die kerk gebou. Hoe wonderlik is die geleentheid om die n kyk te gee en die hand uit te reik om n verskil aan lewens te maak.

Toerleiers is welkom om besoekte te reel vir 'n besoek aan die Kerk Gebou gedurende die week. Ongelukkig is die kerk gesluit vir toere op Sondae, maar u is welkom om eredienste by te woon en gesellig later met die gemeente te kuier.